Depressie

is ‘n siekte van die brein en teen 2030 sal dit die grootste in die wêreld wees.

Die druk raak te veel. Alles wat jy moet doen, is ‘n mission. Jy moet elke dag voorgee jy’s fine. Jou lewe val uitmekaar. Jy kan nie meer nie.

 

Is dit jou skuld dat jy depressie het?

Nee! Dit maak nie saak of iemand ryk of arm, mooi of lelik, slim of snaaks is nie, enige iemand kan depressie kry.

 

Jy’s uniek

en daar is hulp vir jou wat jou spesifieke uitdagings sal aanspreek en jou lewenskwaliteit sal verbeter. Net jý kan besluit of jy hulp wil gaan soek sodat jy hierdie siekte beter kan bestuur.

 

Práát oor die siekte

dan kan jy gehelp word. Mense om jou wil jou ondersteun en hulp verleen when the going gets tough. Jy moenie alleen teen die siekte probeer fight nie. As jy nie hieroor praat en hulp kry nie, sal dit nog moeiliker word om deur elke dag te kom.

 

Wanneer jy hulp kry om met depressie te cope, kan jy dit beter bestuur en jou lewenskwaliteit verbeter.

 

Jy kán depressie se baas wees …

Print Friendly, PDF & Email