Toneelopvoering by skole

Die #puppet-optrede by skole

VOORAF

‘n Kort (10 minute) inligtingsessie word voor die opvoering vir die personeel aangebied om  die teks te kontekstualiseer, hulle ondersteuningsrol by die skool te verduidelik en die skool se plan van aksie na die opvoering te bevestig.

TYDSDUUR

Die opvoering is 35 minute lank en kan tydens ‘n saalperiode gedoen word.

INLIGTING OOR DEPRESSIE WAT IN DIE TEKS GEGEE WORD

nie individu se skuld dat hy die siekte het • moenie skaam wees oor siekte • praat daaroor • simptome: o.a. konstante moegheid, dissekteer gedagtes, emosioneel onstabiel • steek siekte vir ander weg • gebrek aan kommunikasie • moontlike oorsake: chemiese wanbalans, onderliggende probleme • druk om te presteer • vriende wil jou ondersteun • depressie hoef nie jou lewe te beheer nie  • bestuur dit met ondersteuning van familie en vriende, terapie en medikasie

SINOPSIS VAN DIE TEKS

Jaco is ‘n suksesvolle akteur en skrywer. Depressievegter. Sy vriende, Liezl en Dave, weet nie dat hy sy siekte onderdruk nie; in hulle geselskap is hy die entertainer. Liezl moedig Jaco aan om met hulle oor sy depressie te praat. Hy praat nie: Hy is bang sy vriende sal hom vermy. Volgens hom is hy tog net ’n failure. Jaco het nie ’n gesonde verhouding met sy (totaal afwesige) pa en stiefma nie. Sy oplossing hiervoor? Op skool het hy hom van almal onttrek. Sy selfdoodpoging op skool misluk en hy maak weer planne. Jaco se tweede poging misluk ook. Met die ondersteuning van sy vriende, terapie en medikasie kan hy weer aangaan met sy lewe, die depressie beter bestuur en ’n kwaliteit lewe lei.

Print Friendly, PDF & Email