Angs (en depressie) en paniek 1


Angssimptome wat mense met depressie beleef

Depressie en angs is baie nou verwant. Angs kom dikwels voor lank voordat die depressie begin en is soms dus ’n voorloper of vroeë simptoom van die siekte.

Angs en depressie kan saam tydens ’n depressiewe episode voorkom.

Die persoon vind dikwels dat hy tot die dood toe moeg is, maar die angstigheid dryf hom om heeltyd te beweeg en besig te bly wat hom nog verder uitput. Angs kan ook agterbly as simptoom nadat die depressie behandel is en opgeklaar het.

’n Hoër risiko

Mense met angssteurings kan makliker (as mense daarsonder) depressie ontwikkel.

Daaglikse paniekaanvalle

Die persoon kan, as die angsaanval verby is, steeds baie ongemaklik en uitgeput voel. Party mense kry net af en toe ’n aanval; vir ander is dit ’n daaglikse gebeurtenis wat hulle heeltemal onderkry. Dit maak hulle te bang om uit die huis te gaan, uit vrees dat hulle ’n aanval sal kry op ’n plek waar hulle nie kan wegkom of vinnig by hulp uitkom nie.

Die paniekerige persoon vermy situasies/plekke uit vrees vir ’n paniekaanval.

Byvoorbeeld: winkelsentrum, kerke, stadions waar baie mense bymekaar is; plekke waar hulp nie maklik beskikbaar is nie byvoorbeeld snelweë en vliegtuie. Party paniekslagoffers raak later heeltemal huisgebonde.

Algemene voorbeelde waarin angs tydens depressie kop uitsteek:

Sosiale ongemak of angs

Normale angs: ontmoet vreemde mense, lewer ’n toespraak voor mense. Mense met sosiale angs neem is dit érnstig: hy voel uiters ongemaklik tussen ander mense en in enige openbare situasie.  . Lyers hieraan vrees dat ander hulle negatief sal beoordeel en glo dat mense wat sien hulle is ongemaklik, nog slegter van hulle sal dink. Mense met sosiale angs bloos maklik en stotter soms wanneer hulle praat.

Obsessiewe gedagtes: dis indringende gedagtes, beelde of impulse wat iemand herhaaldelik ervaar, al probeer hy hoe hard om nie daaraan te dink nie. In die geval van depressie is die obsessies dikwels intense skuldgevoelens oor dinge wat hy moontlik verkeerd gedoen het. Die persoon kan selfs sekere dade uitvoer om boete te doen of die daad ongedaan te probeer maak. Hy besef gewoonlik dis irrasioneel, maar kan dit nie keer nie.

Uit ’n behandelingsoogpunt is dit vir beide pasiënt en dokter belangrik om nie tevrede te wees as die depressie beter, maar die angs nog teenwoordig is nie. Dit beteken die toestand is nog nie volledig behandel nie en verhoog die kanse op ’n terugval. Die behandeling behoort voort te gaan totdat al die simptome opgeklaar het.

A. ALGEMENE ANGSVERSTEURING

Die “vry swewende” angs hang soos ’n mantel om jou: dis die hele tyd daar, jy kan dit nie afskud nie; dit gaan oral saam met jou. Jy is heeltyd bewus daarvan, maar kan nie die (onnodige en onrealistiese) oorsaak daarvan vaspen nie. Jy is gedurig bewus van die knop op jou maag of die styf heid in jou nek. Dis asof jy wag dat iets moet gebeur, dat die ramp jou moet tref, want jy “weet” dis op pad. Dis baie erger as die angs wat mense van dag tot dag ervaar.

Ouers …

“Wanneer ‘n mens oefen word die ‘voel-goed-hormone’ in jou brein vrygestel en word die stres verminder. Oefening sal wondere verrig vir ouer en kinders (en so sal hulle minder tyd aan hulle selfone en rekenaars bestee wees). Is depressie en angs deel van jou familiegeskiedenis? Wees dan op die uitkyk vir depressie by jou kinders. Luister wat hy/sy sê. Maak tyd en skep geleenthede, ‘n veilige omgewing waar hulle hulle gevoelens en vrese met hulle ouers kan deel.

Dr. Cornelio Banaag (Psigiater) 

Oefening

sonder om met die swetendes en spierpaleise in die ‘gym’ te gaan kompeteer. Doen jou eie ding, want wanneer jy oefen word die ‘voel-goed-hormone’ in jou brein vrygestel en word die stres verminder. Oefen teen ‘n pas wat jy kan hanteer, maar wat jou hartklop sal verhoog.

5 keer ‘n week vir 30 minute: draf, stap (teen ‘n stewige pas) of dans • stel daaglikse goals bv. om elke dag vir 20 tot 30 minute te oefen • doen oefeninge waarvan jy hou • luister musiek op jou selfoon of iPod terwyl jy oefen • kry ‘n oefen buddy • vat dit aan die  begin rustig en moenie jouself ooreis nie 

 

BRONNE

Ontsnap van depressie. Prof Piet Oosthuizen, Tafelberg. 2007
http://abcnews.go.com/Health/AnxietyOverview
http://www.webmd.com/anxiety-panic/guide/anxiety-attack-symptoms
www.sadag.co.za
www.webmd.com
www.calmclinic.com

VOLGENDE KEER

1.       Hoekom kry ons angsaanvalle?
2.       Simptome en behandeling van angs

Print Friendly, PDF & Email