Boelies en depressie 3


Jo-Ann Strauss, a former Miss South Africa and a well-known business woman, said eradicating a culture of bullying in South African educational institutions can only occur when schools make a firm commitment to uproot this scourge from society. “Practical steps to change the culture of bullying, is to consistently instill values like peace, tolerance, respect and the importance of a genuine caring spirit at schools, while punitive measures will be implemented consistently if bullies continue their destructive behaviour.

21 September 2016     
www.parent24.com

 

WAT KAN EK SELF (SLAGOFFER) DOEN?

Vertel iemand daarvan. Dis die regte ding om te doen, en dit kan voorkom dat iemand anders geboelie word.

1.    Moenie reageer nie. As jy so kalm as moontlik bly – of ten minste lyk of jy kalm is – sal diegene wat jou boelie, dalk belangstelling verloor.

2.    Vermy mense wat moeilikheid kan veroorsaak en vermy situasies waarin jy geboelie kan word.

3.    Reageer op onverwagte wyse … jy kan selfs humor gebruik. As ’n boelie byvoorbeeld sê dat jy vet is, kan jy eenvoudig jou skouers optrek en          sê: “Ek kan seker ’n paar kilogram verloor!”

4.    Loop weg en bly stil. Dit wys jy is meer volwasse en sterker as die boelie.

5.    Werk aan jou selfvertroue. Sê vir die boelie dat jy nie bang is vir hom nie, en dat jy vasbeslote is om ’n einde aan sy geboelie te help maak.

6.    As jy vir hulle wys dat hulle geen mag oor jou het nie, is baie boelies geneig om op te hou.

7.    Moenie reageer op ‘n gesprek op Whatsapp nie, want wanneer jy daarop reageer, word die aanvalle net erger.

8.    Unfriend die boelie(s) op FaceBook ens.

9.    Verander jou selfoonnommer.

 

WAT DOEN EK WANNEER ‘N MAAT/BROER/SUSTER MY HULP VRA WANNEER HULLE GEBOELIE WORD? 

1.    Probeer hom/haar oortuig om met ’n volwassene (‘n onderwyser of die kind se pa of ma) of met jou daaroor te praat.

2.    Bied aan om namens hom/haar met ’n grootmens daaroor te praat.

3.    Maak veral seker dat die onderwysers weet wat aan die gang is – maar, die belangrikste van alles, maak seker dat daaroor gepráát word.

 

BRONNE

www.vitanova.co.za
www.jougesin.solidariteit.co.za/boelie
www.huisgenoot.com/nuus
www.mieliestronk.com/boelie
www.maroelamedia.co.za
www.healthline.com
www.psychcentral.com
www.livescience.com

Print Friendly, PDF & Email