Boelies en depressie 2


Die boelie

sukkel om ander te verstaan en hulle gevoelens in ag te neem.
is self die slagoffers van nalatigheid of geweld (emosioneel, verbaal en fisies).
is ongelukkig en gefrustreerd en wil altyd in beheer van sake wees.
raak maklik deel van groepe wat boelie.
is baie senuweeagtig en gefrustreerd.
kom uit gewelddadige gesinne waar daar gereelde emosionele, verbale en/of fisiese
mishandeling plaasvind.
kan ouers hê wat geen belangstelling in hom/haar toon nie.

Hoe weet ek iemand word geboelie?

onttrek van vriende en aktiwiteite
onverklaarbare beserings
verlore of beskadigde klere, boeke of juweliersware
gereelde maag- en hoofpyne
veranderinge in eetgewoontes: slaan maaltye oor of eet te veel
angs, nagmerries en slaapprobleme
swakker akademiese prestasie

HULP VIR DIE BOELIE SE SLAGOFFER 

Maats kan help deur
’n vriend, ouer, voog of onderwyser daaroor in te lig.
die slagoffer te help om nie terug te baklei nie.
saam met hom/haar huis toe te loop of ’n saamrygeleentheid te gee.
te verhoed dat die boelie hulle kan kontak.

 

jackie-chan

Jackie Chan

I was bullied a lot when I was growing up in my Peking Opera School. I allowed myself to be bullied because I was scared and didn’t know how to defend myself. I was bullied until I prevented a new student from being bullied. By standing up for him, I learned to stand up for myself.

 

VOLGENDE KEER

Wat kan die slagoffer van bullying self doen?

Wat moet ek doen wanneer die slagoffer van bullying vir my kom hulp vra?

 

BRONNE

www.vitanova.co.za
www.jougesin.solidariteit.co.za/boelie
www.huisgenoot.com/nuus
www.mieliestronk.com/boelie
www.maroelamedia.co.za
www.healthline.com
www.psychcentral.com
www.livescience.com

Print Friendly, PDF & Email