Boelies en depressie 1


Michael Phelps

is dikwels oor sy groot ore en sy lispel gespot. “Wanneer ek na my tuisdorp (Baltimore) gaan, is die kinders wat my geboelie het steeds daar. Dit lyk asof hulle nie veel in die lewe bereik het nie. Niks het verander nie. Dis hartseer.”

Anneke Mostert (12)

het haarself in 2015 geskiet. Langs haar lyk was ‘n boksie met afskeidsbriefies. Sy skryf in een van die briefies: “Die cool groepie het vir my gesê ek is vet en lelik.” Anneke Mostert was ‘n slagoffer van boelies.

 

Die verband tussen bullying, depressie en selfdood

Die slagoffers van bullying
wil of kan dit nie met enige iemand bespreek nie,
kan dit nie meer hanteer nie,
raak depressief en in sekere gevalle,
is selfdood vir die slagoffer die enigste uitweg.

Die depressie en selfdoodgedagtes verdwyn ongelukkig nie soos hulle ouer raak nie.

Die slagoffers kan as volwassene selfs solank as 10 jaar later steeds met die negatiewe gevolge (bv. angs-verwante probleme) van bullying sit, al word hulle nie meer geboelie nie.

 

Die verband tussen boelie en pressie en selfdood

Daar is ‘n noue verband tussen boelie en depressie. Die kanse is baie goed dat boelies en hulle slagoffers depressief kan wees en kan aanleiding gee tot:
swak selfbeeld en skoolbywoning
angs
fisies siekte

Die uitwerking van boelie het ‘n langdurige uitwerking op geestesgesondheid: “Ek is 40 jaar oud. Dis omtrent 30 jaar gelede toe ek geboelie is. Ek dink vandag nog aan die kere toe ek geboelie was, want dit was vir my baie traumaties. Vandag weet ek dat dit wat in my kinderjare gebeur het, het ‘n groot en negatiewe invloed op my volwasse lewe.”

Kinders wat op ‘n baie jong ouderdom geboelie is, se kanse is baie beter om as volwassene bv depressie te ontwikkel waarvoor hulle sielkundige behandeling moet ontvang.

 

Verskillende maniere van boelie

Verbaal
afknou, vloek, spot en dreigemente om leed te veroorsaak

Sosiaal
sluit iemand doelbewus uit; draai ander kinders teen iemand; versprei gerugte oor iemand; openbare vernedering van ’n persoon

Fisies
slagoffer word geslaan, geskop, geknyp, gespoeg, gepootjie en gestamp,
sy/haar eiendom word gebreek of beskadig
gebruik onbeskofte en gemene handgebare

Internet

Tieners gebruik hoofsaaklik Facebook, Instagram en Snapchat om die slagoffers te target.

Inligting wat gebaseer is op aspekte van die slagoffer se geslag of fisiese eienskappe word versprei. Jongmense wat aanlyn geboelie is, is tussen 3 en 5 keer meer geneig om met emosionele, gedrags- en middelmisbruikprobleme te sukkel as dié wat op ander maniere geboelie word. Tieners gebruik hoofsaaklik Facebook, Instagram en Snapchat en dis hier waar kinders die slagoffers van boelie word.

 

Hulp vir die slagoffer

Ouers
moet onmiddellik probeer ingryp en die kinders van mekaar skei as hulle op ’n boelievoorval afkom.
Hulle moet dit nie net ignoreer nie en moet nie die ander kinders voor mekaar ondervra nie.
Praat persoonlik met die onderwysers oor presies wat die oorsake van negatiewe gedrag is en hoe gereeld dit plaasvind. Eers wanneer al die inligting verkry is, kan ‘n mens vasstel wat werklik aangaan.

Probeer om ‘n positiewe gesprek eerder as ‘n “raas sessie” met die kind te hê. Wanneer ‘n kind op ‘n gereelde basis ‘n negatiewe boodskap oor homself kry, word dit deel van die kind se idee van wie en wat hy is: “Almal sê dat ek nie OK is nie, dus is ek nie OK nie.”
Skep geleenthede waar kinders en ouers met mekaar kan gesels bv. eet aandete saam 

 

Volgende keer

Hoekom boelie iemand ander in sy/haar omgewing?
Die uitwerking van bullying op die slagoffer
Hoe kan die slagoffer se maats hom/haar help?

 

BRONNE
www.vitanova.co.za
www.jougesin.solidariteit.co.za/boelie
www.huisgenoot.com/nuus
www.mieliestronk.com/boelie
www.maroelamedia.co.za
www.healthline.com
www.psychcentral.com
www.livescience.com

Print Friendly, PDF & Email